EREDIENS:10vm op Sondae

DsTheunis Kuun was 35 jaar die hoof-leraar van die Emmanuel Gemeente, 459 30ste ln, Villieria.  Hy het die Evangeliese Greformeerde Kerk in Suid Afrika by Binnelandse Sake geregistreer in 1978.  Bykans 10 jaar daarna verander die Nuwe Protestante hulle naam na Evangelies Gereformeerd (tans bekend as EGK).

Ds se droom was wereldevangelisasie en so het die gemeente dan ook deur die jare vir sending en evangelisasie bygedra en doen dit steeds. Ds het gebly by die 3 formuliere van eenheid en sy skrif-siening was nog soos hy gestudeer het as NG predikant.

Ds Theunis was voorwaar ‘n merkwaardige man en uitmuntende orator. Hy is op 1 Junie 2012, na ‘n kort siekbed van 3 dae, in die Eugene Marais hospitaal in Pretoria oorlede, net basies n maand voor sy 80ste verjaarsdag op aarde.  Die laaste twee maande voor sy dood het hy dikwels genoem dat hy verlang om by die Here te wees - wat’n vreugdevolle dag was dit vir hom toe hy sy oorplasing na die hemel kry!


Marriage Officer Contact Us Ds Theunis Kuun Forms
Contact Us
Forms
Ds Kuun
Marriage
Emmanuel Gemeente
Villieria- Pretoria
Wereld Evangelisasie - Ons Primere Fokus
World Evangelism - Our Primary Purpose

Boeke en CD boodskappe

Talle van Ds Theunis se preke is op CD beskikbaar, sowel as boeke deur hom geskryf.

Winkende Woorde is ‘n harde-band teetafel boek wat baie populer is, met die lieflikste Afrikaanse woorde in.

Van sy beste preke is saamgevat in n boek genaamd “Die hel en hoe om daar te kom”

Die kursus “Reik na die Hoogte” wat honderde stelle oor SA verkoop het is beskikbaar op CD en DVD teen R350. Op die DVD is ‘n Leermetode, Spoedlees en Konsentrasie kursus. Die CD’s is 12 lesings onder andere Probleem Hantering, Besigheidsbestuur, Menseverhoudings, Kommunikasie, Leierskap en Rykdom, Besluitneming, Kreatiewe denke ens.

Kliek op “Forms” vir naamlys van preke beskikbaar @ R50 per 2 preke. (Posgeld uitgesluit)